The British Museum

Die British Museum is ‘n magiese plek. Ek is nie juis ‘n stadsmens nie, maar as ek in ‘n stad moet bly sal ek graag daar naby wou bly, sodat ek gereeld kon inglip om nog verder te kyk.

Hierdie jaar het die museum ‘n projek genaamd “A History of the World in 100 Objects“. Dit word as ‘n radio program op BBC Radio 4 uitgesaai. Selfs as ‘n mens nie normaalweg in geskiedenis belangstel nie is hierdie die moeite werd. Besoek die BBC website by die bogaande skakel, en daar kan jy selfs die episodes aflaai as ‘n podcast of aanlyn daarna luister. Ongelooflik.

Ek het al vantevore die museum besoek met my oudste seun, wat so pas Egipte op skool behandel het. Daar het ons ‘n halwe dag tussen die mummies rondgedwaal, en so bietjie rondgepik in die ander sale.

Hierdie keer was dit jongste se beurt om die mummies te besoek en in die uur tot my beskikking het ek basies in die Great Court vasgehak, en my weer eens verwonder aan die argitektuur.

Ek het ‘n lugfoto van die British museum raakgeloop wat die glasdak van die Great Court mooi wys. Kliek op die skakel in blou.

Ek sal binnekort ons reis deur die Monopoly Bord voortsit.

Advertisements

11 thoughts on “The British Museum

  1. Pragtig, Gidivet!Al wat ek in Londen sou wou besoek is die Biblioteek. Het dit eenkeer op die tv gesien. As julle daaikant toe gaan, plaas sommer ‘n spul foto’s.

  2. Hans! Lekker om jou weer te sien. Ek hoop jy kry gou weer ‘n kans om sommer ‘n paar dae daar te spandeer.

  3. Daar is ‘n ietsie vir almal. Maar geskiedenis is altyd interessant, selfs al is dit sommer ‘n mens se eie dorpsmuseum, of jou ouma se solder.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s