Monopoly Projek (2)

Ek’t gou vanoggend gaan soek vir ‘n foto van die bord (myne is weggepak) en ‘n kaart wat iemand anders gepubliseer het, net in geval iemand anders beplan om dieselfde te doen. Ons moet natuurlik nog teruggaan om dit klaar te maak en hierdie idees sal handig te pas kom.

Kliek hier vir die foto.

Kliek hier vir die kaart.

En nou die res van dag 1. By Marylebone stasie was ons go uit. Soos baie van die groter stasies is groot dele nou onder glas. Hier het ons uitgespan elk met ‘n roomys om af te koel en bietjie ons asems terug te kry. Daar’s heelwat stalletjies en restaurante, wat die stasie ‘n aangename plek maak om jou tyd te verwyl as jy moet wag vir ‘n aansluiting.

Daarvandaan besoek ons Bond Street. Mayfair is eintlik ‘n (baie eksklusiewe) distrik, nie ‘n straat nie, maar dit word omring deur Oxford Street, Regent Street, Piccadilly and Park Lane.



Na Bond Street besluit ons eers om van die roete af te wyk om die atmosfeer op Covent Garden te ervaar. Gelukkig word ons nie teleur gestel nie en is daar heelparty lewende straatvertonings. Die kinders haak vas by ‘n man wat toertjies doen. Hierdie selfde ou het ek al in Edinburgh ook sien optree.

Volgende stop, Leicester Square. Dit was vir ons een van die baie aangename verrassings van die dag. Teen hierdie tyd is dit laat middag en die mense stroom uit op die plein om hulle self te geniet. Daar heers ‘n heerlike karnaval atmosfeer, en orals ruik jy lekker kos. Ons is natuurlik al goed honger, maar moet maar verby meeste van die meer eksotiese eetplekke hou om die kinders se smaak in ag te neem. Uiteindelik eindig ons by die “Noodle Stop”, ‘n Chinese “Greasy Spoon“. Dis definitief ‘n plek sonder pretensies, waar die werkersklas kan kom eet. Jy kry ‘n groot boks vir take-away, of jou nou daar eet of nie. Die onderste helfte word volgeskep met noodles of rys, en dan kan jy kies uit ‘n groot verskeidenheid hoendergeregte, byvoorbeeld sweet and sour, thai chilli, caramel, lemon, ens. Dit kos ‘n reuse aptyt om so ‘n porsie baas te raak.

Dan is daar natuurlik kaartjieskantore wat almal beweer hulle verkoop teaterkaartjies teen halfprys (doen jou huiswerk – hierdie mense is nie “official” soos hulle beweer nie), flieks en casinos. Laasgenoemde gebruik ons toe vir “Chance” op die Monopoly bord.

Daardie eerste dag was vermoeiend, stowwerig, frustrerend by tye, maar terselfdertyd………magic.

Advertisements

7 thoughts on “Monopoly Projek (2)

  1. Dis ‘n kwessie van die gras is groener…jy moet onthou ek wys jou net die lekker dinge (meestal).

  2. Gidi, ek is so gek oor hierdie idee van julle, hoe meer ek lees hoe meer weet ek ons gaan dit ook nog D.V. doen. Hou ons tog op hoogte van die verdere vordering op hierdie interessante reis.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s