Makietie 2

23:00, Ligte af.

02:30, Bedlampie aan. Koppie tee. Kan nie slaap nie. Dan daardie newelstaat tussen slaap en wakker. 

04:45, Wekker. Dankbaarheid dat ek nie meer hoef te probeer slaap nie. Stort.

05:30, Op pad Southampton toe.

06:15, Koffie saam met twee kollegas. Dan val ons in die pad Telford toe.

 

Die konferensie find plaas naby Ironbridge, ‘n geskiedkundige dorpie waar die wereld se eerste brug van staal gebou is. Hier is die wiki artikel: http://en.wikipedia.org/wiki/The_Iron_Bridge

Ongelukkig is daar in die loop van die konferensie nie tyd om dit te gaan sien nie. Dalk ‘n ander keer.

 

Die Vrydag is volgepak met interessante lesings (vir my in elk geval: Hipertiroidisme en diabetes mellitus in katte, wurms in die algemeen, en laboratoriumtegnieke.)

Daar is sommer baie van my vriende die aand teenwoordig, en ‘n paar van ons gaan eet saam in die restaurant.

 

Die Saterdag begin die eintlike konferensie en ons moet almal blou polohemde aantrek. Nie my gunsteling nie. In elk geval is die dag weer besig met werkswinkels in kleiner groepe, en ‘n tipiese spanbouspeletjie – bou die hoogste toring moontlik met koerante in 10 minute. Pret – vir sommige…

Laatmiddag word ons met ons blou hempies afgeneem, en ‘n uur later met ons pikkewynaandpakke. Dis deesdae nie aldag dat jy die geleentheid kry om “op te dress” nie. Daarom is dit nogal spesiaal as jy dit ‘n slag kan doen. Dis nou seker die makietie waarvan almal wil weet. Ja die kos was lekker. En toe kom die casinotafels uit en ons moet in spanne deelneem. Gelukkig net met speelgeld. Hierdie gidivetter weet nie van casinos af nie, maar met beginners luck verdriedubbel ek my geld by die roulette tafel. Ons tafel het nie gewen nie, maar die prys was ‘n paar bottels sjampanje, nie behoorlik verkoel nie, nie ‘n groot verlies nie. Tot laatnag/vroegoggend word daar nog lekker gekuier – ek dink dit was so 1-uur wat ek nie meer kon wakkerbly nie. Die groep kollegas kom natuurlik uit baie werelddele. Die Suid-Afrikaners is goed verteenwoordig, maar die Spanjaarde, Duitsers, ens. staan nie terug nie, en deesdae is daar darem ook redelik baie Engelse.

 

Na ontbyt die volgende oggend nog net ‘n paar vinnige sessies en relings om te tref. Dan val ons weer in die pad terug huis toe. Net so lekker as wat dit is om op reis te gaan, net so lekker om weer terug te wees by die huis. Maar terug by die werk die volgende oggend is die makietie baie vinnig net ‘n hersenskim iewers in die verlede.

 

Dis nou vir die wat wou geweet het.

 

 

Party pogings het beter uitgewerk as anders. Ek sal maar nie se by watter tafel ek gesit het nie. 

Advertisements

18 thoughts on “Makietie 2

  1. Lekker ou opwarmingspeletjie vir spanbou.Dis so bekend by al die kursusse wat ons moet bywoon.Klink of julle lekker pret gehad het.

  2. Klink of dit stimulerend, soms prettig en beslis die moeite werd was, Gidi. Die foto’s van koerant-torings is nogal komies. Sulke lesingsessies is altyd voordelig, dink ek, want mens kom gestimuleerd en geinspireerd terug.

  3. Ai lisa, ek sou so graag vir jou die foto wou wys, maar ek het nie self een geneem nie en die amptelike foto’s is beskerm deur kopiereg.

  4. Ja, ek geniet die konteks van lesings, eerder as kennis uit boeke kry. ‘n Mens kom altyd met vars idees en inspirasie terug.

  5. Hehe therina, ons hou onsself stom. Vandag was ‘n heerlike sonnige dag, net soos gister. Die res van die week raak dit koeler en reen word voorspel. Ons tuine het dit dringend nodig.

  6. Ja ek gaan eintlik net vir die jollery. En dit was pret. Vir party mense het die party deurnag aangehou. Hulle Sondagoggend was nie so prettig nie.

  7. Naand Flenters. Ja ons het nogal spiekeries gelyk. Ek was so onnosel om nie my kamera byderhand te he nie, en die amptelike foto sit my ore aan. Ek dink hulle het hom beskerm sodat ek hom nie can copy nie.

  8. Looks like a lot of fun was had by everyone! Pity no pics of the formal dress, you guys always look so good when dressed up in a suit. OK, sue me!

  9. Hi Dee. We had great fun indeed. Silly of me to forget the pics. We’re off to London today, staying in a friend’s flat.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s