Makietie

Daar is reeds om en by 60 praktyke in ons groep, en die komende naweek is ons nasionale konferensie. Vrydag en Saterdag is dit lesings en werkswinkels, maar Saterdagaand hou ons makietie. Nogal Black Tie, so ek moes ‘n aandpak gaan huur.

Nou moet my lokum nog net materialiseer. Sy sit op Majorka, en moet more terug vlieg, dis nou as die Yslandse vulkaan-as nie die atmosfeer daar rondom Palma lughawe besoedel nie.

My kar se bande is gepomp, die olie en remme nagegaan, en nuwe bande agter opgesit, net omdat dit darem ‘n hele entjie se ry is, en ek moet twee pasassiers saamneem. Ongeveer 200 myl oftewel 4 ure se ry op ‘n goeie dag.

Snaaks hoe so ‘n ou nawekie ‘n mens kan opgewonde maak. Dis vir my altyd lekker om op reis te gaan. Die ryery is amper lekkerder as die aankoms. Dan is daar darem weer ou vriende om te sien, so dit gaan heerlik wees.

Hierdie konferensie is eintlik net ‘n opwarmoefening vir die groot katkonferensie in Junie, vanjaar in die hartjie van Amsterdam. Sien vreeslik uit daarna. Dis nou EERS ‘n makietie…met die klem op “kietie” hehehe…

20 thoughts on “Makietie

  1. Moet net nie katte skiet nie … hehehe … Dit is mos teen die wet …Geniet dit …

  2. Ek dog dis net ek wat mal is oor die ryery na ‘n plek. Ek het al menigte vakansies omgewens, bloot oor die rit soveel lekkerder is as die res.Paaie het net soveel stories.

  3. Aaa, jou opgewondenheid slaan duidelik deur. Ek kry sommer lekker vir jou part. En ek is dit met jou eens…. die reis is die heerlikste van alles. Al die anderse landskappe en besienswaardighede streel en sus ‘n mens se siel en prikkel jou intellek!

  4. Het toe alles uitgewerk. Lokum was betyds terug, ons het goed gery, en ons het lekker gepartie. Darem ‘n paar goed geleer ook. Sal nog dink of die makietie blogwaardig is.

  5. Hallo Zeppie. Ek moet ‘n dinner suit gaan huur. Maar dit was vreeslik lekker om bietjie op te dres vir ‘n slag.

  6. Ja ons het soos ‘n klomp pikkewyne gelyk. Die verassing van die aand was die casinotafels wat hulle opgestel het. Hierdie onskuldige (glo dit as jy wil) outjie het vir die eerste keer roulette gespeel. Darem nie met regte geld nie. Nogal lekker gewen ook.

  7. Telford is na aan die beroemde Ironbridge. Ongelukkig met die konferensie was daar nie tyd om die besienswaardighede te besoek nie.

  8. Hallo Joanna, hoe gaan dit met die arm? Ons het lekker makietie gehou. Heerlik met kollegas gekuier. Ou vriende weer gesien. Baie geld uitgegee…

  9. Die arm pla nie te veel nie. Ek glo dit sal by einde Junie uit die ‘cast’ kan kom. Dankie dat jy vra. Bly jy’t die weggaankansie geniet.

Leave a reply to gidivet Cancel reply