Neus teen die slypsteen

So pas ‘n hele blog geskryf, pos hom en daar verdwyn die swernoot tussen neus en ore. Ek wonder of hulle nie maar net die hele litnet blog moet oormigreer na WordPress en klaarkry nie. Dan werk dit dalk vir ‘n slag.

Wou maar net se dat ek gevoel het die tyd vir hoogvlieg is verby en skouer aan die wiel sit is aan die orde van die dag. Dis die dat my avatar weer verander het na die oorspronklike een. O ja, en dis ook sodat Flenters my blog kan kry, wanneer ek die slag tyd kry om in te klok.

Ek sit praat vanaand met therina oor arme Baardman se ellendes, en kon darem uit dure ervaring simpatiseer, want twee weke terug het my liggaam ook gehensop, behalwe nou vir die pypies en pompies wat wou weghardloop, met permissie gese. Dit kos toe ‘n skoot immodium en ‘n strategies geposisioneerde kurkprop om die weghol te laat hokaai. Die naarheid ontneem jou summier die lus om te lewe. En dis nie maklik as daar ‘n lorrie is om te dryf, of ‘n praktyk om te bedryf, of enige tipe besigheid is wat jou aandag nodig het om vooruitgang te maak nie. Maar as jou liggaam viervoet in die stof vassteek moet jy vir hom luister en gaan rus, anders bly jy langer siek as wat nodig is.

More is dit weer neus teen die slypsteen. En as ‘n mens so na die ellendes van die wereld kyk, met sy ekonomiese krisisse en werkloosheid kan jy nie regtig kla nie. Te minste het jy nog ‘n werk. En dis besig om somer te word, al moet jy nog ‘n trui dra, want die windjie sny reg uit die noordpool uit.

Laat dit vir julle almal ‘n besonderse voorspoedige week wees.

21 thoughts on “Neus teen die slypsteen

  1. Naand Miney, en welkom. Dis ‘n goeie vraag, en ‘n lang een om te antwoord. Twintig jaar terug al hierheen gekom, agter die werk aan. Besigheidsbelange en vriende hou my hier. Ek is ‘n rankplant, ‘n tsamma. My ranke het die wereld oor gekronkel, en hier wortel geskiet. Maar die penwortel sit nog steeds in die Afrikasand.

  2. Die siekte is die wereld vol, lyk dit my.Myne is gelukkig verby.Soos jy se, skouer aan die wiel, met vreuge en dankbaarheid die dagtaak verrig.

  3. Wel, met die neus so teen die slypsteen, eindig jy dalk net met ‘n vlymskerp pendoring-neus. Haal hom maar van tyd tot tyd af, en skep asem! Groete van huis tot huis – hoop jou week vlieg en dat die son oor jou en julle sal skyn.

  4. Hi Gidi. Lekker om jou weer raak te lees! Ek tik maar so met een hand. Hoe lus het ek nou vir twee somerweke in GB!

  5. Ek Word oom maar altyd eers. Ek’s bly die ou avatar is terug. Dis oulik 🙂 Sterkte vir jou week Gidi.

  6. Ezile! Goeiemore. Sterkte vir jou/julle dag. Ek sit hier neusloos en skryf. Dan gou gaan Weetabix eet, stort, en die neus aansit vir die dag wat voorle. Daar is darem ‘n naweekkonferensie om na uit te sien.

  7. Dankie therina. Dit wil maar net nie warm word nie. Gelukkig skyn die son darem so ‘n bietjie.

  8. Ek sal ook maar moet begin by Word of iets dergeliks. Die frustrasie met Letterdash loop diep. En dis nou vir iemand wat nie eers elke dag blog nie. Maar ‘n mens moet nie dat sulke snert jou afsit nie. Lekker week vir jou ook.

  9. Hier word dit nou winter … Die wind is besonder skerp vandag … sny so lyntjie hier teen die ruggraat af… Lekker werk … en ek is nie sarkasties nie … hehehe … net gemeen …

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s