More stem ons

Ja mense, as julle die Britse nuus dophou sal julle weet van die verkiesing. Dis nogal ‘n interessante verkiesing hierdie, komende in die middel van ‘n resessie, en in die skadu van ons parlement se “expenses scandal”. Vir die eerse keer ooit is daar ‘n reeks lewendige debatte tussen die hoofpartye se leiers uitgesaai op die televisie. Baie jonger mense het betrokke geraak by die verkiesing en ek dink ‘n groter persentasie mense gaan vanjaar die moeite doen om hulle demokratiese reg uit te oefen en ‘n verskil te maak aan die toekoms van hierdie land.

Na ‘n hersonering van verskeie kiesafdelings is daar nou 650 setels in die parlement. Uit hierdie getal is daar hoogstens 120 marginale setels, waar ‘n klein verskil in aantal stemme ‘n verskil kan maak. My kiesafdeling is Bognor Regis/Littlehampton. Gaan kyk gerus hier (kliek op “hier” om ‘n idee te kry. Hierdie is wat hulle noem ‘n “safe seat” vir die Konserwatiewe party. Die huidige parementslid het in 2005 ‘n meerderheid van byna 8000 stemme gehad. Die uitslag hier is dus amper ‘n uitgemaakte saak in die huidige “first past the post” verkiesingstelsel. Die derde grootste party, die Liberal Democrats is ten gunste van “proportional representation” (PR), ‘n redelike algemene stelsel in Europa. In lande soos byvoorbeed Israel, is daar weens PR amper geen kans dat een politieke party ‘n meerderheidsregering kan vorm nie, en moet allerhande koalisies gevorm word. Dit het myns insiens ‘n verlammende uitwerking op ‘n regering, want al die partye moet heelwat prysgee om tot ‘n vergelyk te kom.

Tydens hierdie verkiesing het al drie partye rofweg ‘n derde van die ondersteuning in die meningspeilings verwerf. Dit bring ‘n sterk moontlikheid van ‘n “hung parliament”, naamlik ‘n parlement waar geen party ‘n algehele meerderheid het nie. Die Engelse is nie gewoond daaraan nie, maar in Skotland, Wallis en Noord Ierland het die mense al gewoond geraak daaraan dat die partye moet saamwerk om iets uitgerig te kry.

Nou ja, moreoggend baie vroeg gaan ek gou om die blok stap om te gaan stem, op pad werk toe. Oor omtrent 36 uur gaan die Britse politieke landskap waarskynlik ‘n perd van ‘n ander kleur wees. Of miskien ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartiebox.

Advertisements

3 thoughts on “More stem ons

  1. Ons sit al sedert gister vasgenael voor die telly… debatte gevolg, verkiesing gevolg tot nou…. wonder hoe gaan die ding draai?

  2. Ek dink werkgewers moet mense tyd af gee om te stem. Stemlokale is oop van 07:00 tot 22:00. Dis ook moontlik om per pos te stem. Soos jy dalk gehoor het was daar heelwat stemlokale waar mense teen 22:00 nog in rye gestaan en wag het en hulle kon toe nie kans kry om te stem nie. Baie warm humeure daardie dag.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s