Emosies, sintuie en lente

Middagete is soms moontlik. Die goeie weer die afgelope week het mense weggehou (ek vertel myself dis die rede hoekom hulle wegbly), so ons was nie heeltemal so besig nie. Dus stap ek deur die begraafplaas. Vir my is dit nie ‘n hartseer plek nie. Dis mooi versorg. Daar is blomme. Die reuk van varsgesnyde gras meng met lentebloeisels, amper sigbaar. Ek verbeel my dit lyk soos spirale wat om my gesig warrel.

Reuk speel vir my so ‘n belangrike rol. My werknemers beleef dit as ‘n irritasie, want ek kan nie ‘n slegte reuk in die praktyk verdra nie. Ek dink altyd daaraan dat as ek sensitief is vir reuk, dan moet daar heelwat kliente ook wees wat sensitief is, en dit mag hulle dalk net laat dink die plek is vuil. Al word dit daagliks gewas en geskrop. Daar is interessante studies oor die effek van emosie en persoonlikheid op persepsie van reuk. Gaan lees byvoorbeeld hier.

So met die son wat skyn, die reukspirale wat dwarrel en speel in die vars luggie stap ek tussen die grafte deur. Ek dink beslis die son voed my siel, my siel lig my gemoed, en maak my reuksintuig wakker. Dis of ‘n mens kan lighoofdig raak in hierdie plek. Dis goed dat dit so ‘n mooi dag is, want vandag kom kyk die eerste twee partye na die huis. Die lig spoel deur die huis. Engelse huise kan so donker wees. Dis hoekom ons huis juis die lig inlaat waar dit ookal moontlik is. Die terugvoering is goed, alhoewel ons eers more sal uitvind of hulle genoeg daarvan gehou het om ‘n aanbod te maak.

En terug by die werk is daar ‘n ander lekkerte vandag. Die klank van pasgebore klein hondjies. Vanoggend so teen 3-uur het die kleintjies begin kom. Teen 10-uur was sy uitgeput, met reeds 6 kleintjies gebore. In die verpleegster se spreekkamer maak ons vir haar gemaklik en die eienaar, wat ook omtrent glad nie geslaap het nie, kry ‘n koppie tee. Ek kan voel daar’s nog baie. Gelukkig is whippets vaartbelyn, en met die nodige inspuitings begin hulle uitskiet soos torpedos. Net voor middagete is daar…………elf! Sjoe.

 
From 2010-04-19
From 2010-04-19
From 2010-04-19
Advertisements

15 thoughts on “Emosies, sintuie en lente

  1. Hi Gidivet, lente bring altyd ‘n hup in mens se stap. My honde het al my veearts ruik kom tussen honderde mense tydens die Aardklop fees. Ek was verstom, hulle het ‘n baie spesiale blaffie vir hom 🙂

  2. Gidivet weet jy hoe lank laas het ek hier kom kuier, jinne ek skaam myself topless!Die woefters is te pragtig.Die foto’s is so mooi en jou vertelling voer ‘n mens mee.

  3. Hoe het jy my aangeraak met hierdie stukkie skryfwerk! Aah, ek is dit so eens met jou oor die geure en reuke rondom ‘n mens en hoe dit mens se stemming bepaal! En ek is ‘n ondersteuner van die lente en van buite wees, en tuine – oral, ook in begraafplase. Jy het dit alles so pragtig verwoord, en jou foto’s is so mooi, ek voel of ek saam met jou daar geloop het.

  4. 11 kleintjies – goeie genade! My arme woefels het swaar gekry met haar 6 lank, lank gelede… Eintlik hartseer om te dink dat sy en beide die 2 woefs wat ek van haar eerste werpsel gehou het, nie meer met ons is nie…Pragtige blomme!En ek is ook so op reuke! My man wil die horrie-piep kry as ek kla iets ruik nie lekker nie – sê ek moes ‘n hond in die ‘bomb-squad’ gewees het! 🙂

  5. Joanna, jy weet hoe waardeer ek jou ondersteuning. Vandag weer het my siel asemgeskep by ‘n meulstroom in ‘n woud waar die eerste bluebells al begin deurskemer. MK bly op ‘n baie mooi plek.

  6. My liggaam het ge-hendsop hierdie week. Ek was Woensdag noodgedwonge plat op my rug, te bang om asem te haal. Gister was my kop nog heel deurmekaar toe ek in moes gaan London toe vir ‘n seminaar. Vandag begin ek weer bietjie mens voel. Lekker gemob.

  7. Hallo Foxy. Dis nie net reuk nie, ook klank. Ek dink ek het nooit geleer om te detune in my kop nie. Die agtergrondgeraas raas net so hard soos die persoon wat met my praat. Die kind wat sy voet op die grond doef-doef in die badkamer word chinese torture. Dis hoekom die stilte in die stadsaalgrotte in die sederberge so ‘n onuitwisbare indruk op my gemaak het.

  8. Goeienaand en baie welkom soos altyd meneer Flenters. Somer is haas op pad. Hierdie is ‘n heerlike week, Engeland op sy mooiste.

  9. Bedoel jy dis koud daar by julle? Fair is fair. Ons huis is op die mark, maar ons het nog nie begin soek vir ‘n ander een nie. Nie in hierdie mark nie. Dit kan volgende week of volgende jaar wees voor ons trek. Ons sou baie graag in dieselfde area wou bly.

  10. jy het jou omgewing so pragtig beskryf! ek het saam met jou deur die begrafplas gewandel. Die fotos is baie mooi en die babatjies is opvreetbaar!!!!Dankie vir die mooi wat jy nou na my gebring het:)

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s