Hiert jou

Ja ek kom net gou inloer. As ‘n mens al begin om SMSe te kry van mense wat vra of alles reg is moet jy darem rekenskap gee van jouself.

Dit is tans nie so maklik om te blog nie, want my rekenaar en lessenaar is uitgeboender en daar is nerens ‘n lekker plekkie om te sit en blog in die huis nie. Mev G is besig om die huis te verkoop, so alles wat nie goed lyk nie word of weg gevoeter, weg gebere in die dak, of opgedress.

Meneer G dress nie goed op nie, maar hy’s darem nog nie weg gevoeter nie. Ek het darem nog my laptoppie en kan so nou en dan inloer.

Ek vra dus nederig om verskoning dat ek so skaars is. Soos julle weet is werk tans ‘n eenmanorkes. Dit beteken sewe dae per week met min af tyd.

Geniet die naweek.

Advertisements

13 thoughts on “Hiert jou

  1. So bly jy het van jou laat hoor.Ons vroue is mooilik wanneer dit met ‘huis dressing’ kom, alles moet net soos ‘n tydskrif lyk want ‘n mens kook ‘n leefstyl.Hoop jy sal gou iemand kry om jou te help, ‘all work and no play, makes Jack a dull boy’Take care of you 🙂

  2. Ek sien geen verskil in die lug hier in die suide nie. In Shetland het hulle ‘n bietjie van die as sien grond toe kom. Dankie vir die wense. Sterkte daar vir jou ook.

  3. Hello buurvrou. Ja ek skop verwoed. Daar was ‘n paar woeste besige weke, maar hierdie afgelope weke kon ‘n mens weer asemhaal. Lyk of die lekker lenteweer die mense weghou. Ek sou ook op die strand sit as daar tyd was. Ons verwag nie bluebells voor Mei hier nie. PM jou netnou.

  4. Hallo DK. Ja ek lewe en dit gaan eintlik goed. Dis maar net die bloggosfeer wat bietjie agterwee bly. Groete.

  5. Hi Darlingdee. Ek stem. ‘n Mens moet ‘n “work-life balance” probeer kry. Ek sien uit na ‘n paar dae af in die komende weke. Is dit nog droog daar by julle?

  6. More therina. Ek sien die laaste blog het twee keer gepos. Dit kom van werk op ‘n selfoon. Hoop dit gaan goed met julle en dat daar ook ‘n blaaskansie of twee kom. Dalk kan ons oor die naweek kommunikeer. Groete.

  7. Kry weer ‘n vennoot, Gidi man, ons MIS jou darem nou te veel! Of stel iemand aan om ‘n deel van die werklading te dra, dink jy nie so nie?

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s