Perspektief

Deel I – Woensdagoggend

Ek moes gister na ‘n tien uur werksdag jaag na die naaste depot omdat die koerier wat ons die oggend al bestel het nooit opgedaag het nie. Baie belangrike pakkie. Moet vanoggend teen nege-uur by sy bestemming wees. Dis nou Penrith in Cumbria. So ek ry ‘n uur tot by TNT se depot en weer ‘n uur terug tot by die huis om…….twee botteljies papagaaimis te stuur!

Deel II – Woensdagaand

Ja amper het die spreekwoordelike die waaier getref. Maar wonder bo wonder, toe ek vanoggend die laboratorium bel om verskoning te maak dat die pakkie dalk laat mag wees, toe het hulle hom pas ontvang. En om dit alles te kroon was die resultaat negatief so ons geveerde vriende kan saam met hulle eienaar reis na Europa.

Naskrif

Nooit in my wildste drome het ek gedink dat ek so sou “tjol” aanjaag op ‘n blog nie.

Advertisements

17 thoughts on “Perspektief

  1. Ja, moet ontleed word vir Psittakose sodat die voëls na Spanje uitgevoer kan word.Eienaar het bietjie laat wakker geskrik.

  2. Nou’t ek (amper) alles gehoor! Is Woensdag nie ook Pub quizz aand daar op die eiland nie? So vir saam met die ale 🙂

  3. All in a day’s work.Weet jy DK, al is ek nou ook vanaand lus vir bier moet ek verby hou, want ek’t bietjie “man flu” opgetel vandag. Sal maar uitstel tot volgende week.

  4. Ja spaces is ‘n bietjie deur die mis op die oomblik – “Why use 1 mouse click if 5 will do the job just as well and confuse everybody.” Daar is darem een troos oor die papagaaimis – dis PCR negatief vir Chlamydophila. So as die blikkies dalk omgeruil is in die pos is jy ok.

  5. Terloops gisteraand het ek besluit bogger die verkoue en saam met ‘n pel ‘n bier en “bread and butter pudding” met baie vla gaan eet.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s