Die skrif is aan die muur

Ek onthou hoe ek in standerd 7 as ‘n koshuiskind op Malmesbury, 1771 kilometer van die huis af (soos die kraai vlieg – maar sy gô sal uit gewees het) begin opskiet het soos ‘n boontjierank, en dat my ouma se suster, tannie Mollie,  my een maal ‘n maand gemeet het met ‘n boek op my kop en ‘n potloodstrepie teen die muur. Op sommige plekke was die strepies meer as ‘n sentimeter uit mekaar uit. Ouma en ta’ Mollie se huis was vir 5 jaar ‘n wegkomplekkie uit die koshuis en hulle twee het as surrogaat ouers ‘n belangrike vormende invloed op my gehad.

My ouers moes my ter wille van my opvoeding reeds in standerd 6 op ‘n vliegtuig sit af Kaap toe en daarna het ons mekaar slegs tydens skoolvakansies gesien.

My oudste seun is vandag 12 jaar en 223 dae oud en hy is bevoorregd om in sy ouerhuis en binne loopafstand van sy skool af te bly. Sy ma het hom so pas gemeet en ons is nou presies ewe lank. Ek ervaar dit as die einde van ‘n era. Aan die een kant is ek trots op die ontluikende jong man wat sy pa, en die lewe, reguit in die oë kyk; dat hy besig is om te groei in onafhanklikheid, karakter, postuur en hopelik ook in aansien. Aan die ander kant is daar die wete dat dit alreeds onmoontlik is om sy kweperlatlyf in hierdie pa-arms toe te vou en uit die kar uit te dra tot in sy bed.

Daar is beslis gemengde gevoelens, maar die oorheersende emosie is dankbaarheid. Ja dis op my hart geskryf: Vir my het die meetsnoere op lieflike plekke geval.

Advertisements

13 thoughts on “Die skrif is aan die muur

  1. Vetweet ek is nou in dieselfde bootjie as jy toe jy ‘n kind was. My 2 kinders gaan 520km van my af skool en dis nie maklik nie.Geniet jou kind in die huis!

  2. Ek is deesdae langer as my pa. Dis erg as jy ‘n meisiekind is. Ek bêre nou maar my stilettos as ons saam iewers heen gaan… dis nie reg as ek bo my pa uittroon nie. Maar ja, dis beslis ‘n voorreg as ‘n mens met selfvertroue jou ouers in die oë kan kyk en weet jy is wie jy is deels as gevolg van wie hulle is. Dit is lieflik Gidi!

  3. Hallo Driedoring, bly te kenne. Ek het die koshuislewe as kind geniet, maar dit was ‘n ander era. My ouers was in Oshakati daardie jare, en al was daar ‘n hele paar hoërskole in die noorde van Suidwes sou ons kinders in elk geval moes koshuis toe gaan. Toe kies ek eerder Malmesbury, waar my ma se familie vandaan kom, en waar ‘n goeie skool was (is?)

  4. Hallo Therina. Ek geniet elke fase van my kinders. Ons kan nou goeters met die seuns doen wat ons nie ‘n paar jaar terug kon doen nie. Soos elke ouer hou ‘n mens maar duim vas dat jou opvoeding die wa deur die drif sal trek, maar natuurlik moet die spruite hulle eie besluite neem oor wat hulle van die lewe gaan maak.

  5. Lou ek verstaan. Ek het nie verniet die “De Goede” gene iewers in my siel geweef nie. (Dit was my Pa se verskoning as hy partykeer so aangedaan geraak het).

  6. Dankie Ghaap. Koshuis was vir my goed. Ek vermoed dat my eie ouerhuis beter sou gewees het. Maar ons het altyd op die ver plekke gebly.

  7. Henry nou laat jy my glimlag. Sê nou net ek was “vertically challenged” soos hulle hier sê?Maar jy is eintlik reg. Ons is 1.75 meter en die skole sport hier is nie baie groot nie. Hulle moet aan klubs deelneem buite skoolverband. My twee speel darem krieket in die somer.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s