Op ‘n missie

Die afgelope naweek het die temperatuur ‘n hele paar grade gestyg en die sonnetjie het plek-plek kop uitgesteek. Saterdagoggend was ek ‘n man met ‘n missie, en bevind my in Chichester.

Gou Saterdagaand saam met vriende gaan uiteet by Dragon Rustington.

Sondagoggend luilekker gekuier saam met Suid-Afrikaanse besoekers (uit London) om ‘n bak skons, botter en konfyt.

Toe af strand toe om die lenteluggie te gaan soek. Hy’s nog maar yl, maar daar is belofte in die lug. Een van die dae blom die krokusse.

Nou’t mens weer moed vir die nuwe week.

Lekker week vir julle ook.

Advertisements

29 thoughts on “Op ‘n missie

  1. Ek het nie ‘n enkele een van daardie Montezuma’s geëet nie. Ere woord. Maar hulle lê en loer vir my en dit vra vrae van ‘n man.

  2. Ai, hoe wens ek nou ek was in London! Vir die lekker winkels en die koel weer! Hier by ons gaap die kraaie letterlik vandag. Jy sal weet, hulle doen dit rerig.

  3. Aaah so DIS hoe onse Gidi lyk! Daar is darem baie te sê vir die prentjie mooi van die Engelse platteland. 🙂

  4. Hallo Joanna. Die naweek was dit lekker koel. Vandag was dit snerpend koud met hier en daar ‘n sneeuvlokkie in die lug.Maar die idee om London toe te kom klink na ‘n plan…

  5. Lyk heerlik. Maar ek is nog steeds bevooroordeeld. Dis of ons glas-en-‘n-half Cadburys beter smaak as die Britse een. (en meeste van die Swiss chocolates ook!)

  6. Ek dink jy’s reg dat daar ‘n verskil is, selfs met dieselfde produk hier en in die UK. Ek stem ook saam oor meeste van die Switserse sjokolade. ‘n Mens raak gewoond aan ‘n sekere styl/smaak.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s