selfoon as rekenaar

Dit is reeds moontlik om amper alles op jou selfoon te doen wat jy op jou groot rekenaar kan doen. Hierdie blog is op my Nokia getik. Natuurlik gaan dit bietjie stadiger, maar dis haalbaar. Hoe lyk dit, is daar enige bloggers wat soms/gereeld/oorwegend ‘n selfoon gebruik om inskrywings te plaas?

Foto later bygevoeg op die rekenaar. Kon dit nie regkry op die selfoon nie:

Die QWERTY knoppies maak dit darem bietjie makliker. Ek sou ook nie die geduld hê om dit op ‘n gewone alpha-numeriese sleutelbord te doen nie.

Courage

It is not the critic who counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, and comes short again and again, because there is no effort without error and shortcoming; but who does actually strive to do the deeds; who knows the great enthusiasms, the great devotions; who spends himself in a worthy cause; who at the best knows in the end the triumph of high achievement, and who at the worst, if he fails, at least fails while daring greatly, so that his place shall never be with those cold and timid souls who know neither victory nor defeat.”

Theodore Roosevelt – Citizenship in a Republic – Speech at the Sorbonne, Paris, April 23, 1910

Pendel

Pendel, ougat woord. Weet nie of mense dit nog gebruik nie, maar “commute” is darem seker nog nie lekker aanvaarbaar nie.

Ek haal my hoed af vir die arme drommels wat elke dag moet trein ry London toe. Donderdagoggend om 06.00 sit ek in die agterste kompartement, nog half deur die slaap, en vasbeslote om nie nou al heeltemal wakker te wees nie. So lekker dat ek nie self hoef te bestuur nie en wettiglik kan wegdommel. Wel, klaarblyklik as jy ‘n ou pendelaar is kan jy maar intieme gesprekke met jou vriendin in ‘n rasperstem aan die wêreld uitsaai. Heeltemal te veel inligting, so ek skuif maar aan na die voorste kompartement.

Hier is daar gelukkig bietjie meer mense, meer gedempte stemme en ‘n vriendelike Oos-Europese meisie met ‘n trollie. Een middelgroot koppie Kenco en die dag wil-wil in fokus kom. Lyk my baie van die ouens ken mekaar en hulle het die regte idee: jy groet jou reisgenote met ‘n glimmertjie van ‘n glimlag en maksimum van 1 millisekonde oogkontak. Dan moet jy liefs jou neus in ‘n metro-koerantjie of ‘n boek druk, of jou oorfone opsit. Hier en daar ‘n lang (amper altyd swart) woljas, pak klere met das onder. Meestal ‘n verskeidenheid van denims, verslonste baadjies en tatoëermerke. Dis ‘n “melktrein” en algaande word dit voller soos ons by elke stasie aandoen. Hier en daar begin ‘n liggie in ‘n venster aanklik en sneebedekte dakke glinster in die effe straatliggies. By Three Bridges staan heelwat mense al, en ek reken baie van hulle staan daagliks daardie halfuur of so.

Kom jy op Victoria stasie moet jy jou treë rek om by die tube uit te kom. Gelukkig hierdie keer ‘n Oysterkaart aangeskaf om vinniger deur die hekke te kom en dan suig die drukgang jou by die roltrappe af, af in die tonnel. Daardie mensemassa op die platform is iets om te beleef, en jy moet soms wag vir die volgende trein voor jy by die deur kan inkom. Van sit is daar nie sprake nie. So hier staan jy en hou vas aan die reling bo jou kop, met iemand anders se neus in jou kieliebak. G’n wonder dat oogkontak taboe is, en daar nie eintlik gepraat word nie. Baie mense het al opgemerk dat die mense darem maar onvriendelik is op die treine, maar dis uit en uit ‘n oorlewingstaktiek. 

Kwart oor nege sit ek in ‘n konferensiekamer met ‘n sterk koppie koffie en vind uit die wildvreemde vrou langs my het in Suid-Afrika grootgeword. 

Ons is hier om “People & Team Management” te leer. Dinge lyk belowend.

Fudge-so

‘n Baie kosbare pakkie het vandag hier aangekom.

 

Iemand het die pakkie “ondersoek” en ‘n plakkertjie opgesit.

Wonder bo wonder is die inhoud ongeskonde, alhoewel die blikkie ‘n paar duike in het.

‘n Buitengewone vergadering van die beoordelaars is onmiddelik byeengeroep.

Die eenparige beslissing: eksie-perfeksie.

– fyn effe bros tekstuur sonder enige klonterigheid

– onmiskenbare dog subtiele aroma

– smelt in die mond

– heerlik

Die eerste prys word dus sonder voorbehoud toegeken aan een van blogland se

veelsydigste verskunstenaars, niemand minder nie as ons eie

kammakazi!

Baie dankie.

Die poskaart se agterkant

Ek meen die koerante en televisie wys darem seker die poskaart mooi foto’s van die koudste Engelse winter in ‘n paar dekades. Dit word blykbaar veroorsaak deur ‘n hardnekkige hoëdrukstelsel wat die warm westewinde wegstoot en die noordpoolwinde insuig.

Dinsdagaand stap ek by die werk uit in die karpark. Gedurende die middag het die sneeu begin val.

Woensdag het die Suide van Engeland omtrent tot stilstand gekom, en die meeste skole het gesluit. Stories doen die rondte van mense wat die vorige nag op die A3 vasgeval het en in hulle motors moes oornag. Omtrent die helfte van die bevolking bly by die huis. Ons verpleegsters kan dit nie op die paaie waag nie en ons sluit reeds vroegmiddag.

Vanoggend het die lug oopgetrek, die son skyn en my motor se termometer wys -6 °C.

Die sagte sneeu het oornag kliphard gevries en die karpark is ‘n skaatsbaan.

As jy agter by die stoor uitstap is daar ‘n ou kerkie omring deur die spreekwoordelike witgepleisterde grafte. Dis pragtig as die son uitkom. Weer moet ons maar vroeg sluit sodat die mense veilig by die huis kan kom voor donker.

Blykbaar gaan dit vannag -7 °C wees en tot Dinsdag kan ons nog sneeu verwag.

In die sestigerjare het soortgelyke weersomstandighede ‘n paar baie strawwe winters veroorsaak. Selfs die see het begin verys. Ek vermoed die mense het hartlik siek begin raak vir die weer. 

Dit is net vir my ironies, dat selfs in ons tegnologies gevorderde samelewing ons nog steeds deur ‘n bietjie koue weer in die wiele gery word. 

Nou wonder ek so in die stilligheid wat van global warming geword het.

Attitude

“Your attitude determines your altitude.”

Hierdie uitdrukking, holrug gery of te nie, hou my al ‘n paar dae lank besig. 

Dié van ons wat vir Zig Ziglar ken sal hiermee welbekend wees.

Die woord “attitude” het natuurlik talle definisies, maar dis blykbaar die lugvaartkonnotasie wat aan hierdie gesegde geboorte gee.

n

1. the way a person views something or tends to behave towards it, often in an evaluative way
2. a theatrical pose created for effect (esp in the phrase strike an attitude)
3. a position of the body indicating mood or emotion
4. Informal a hostile manner don’t give me attitude, my girl
5. (Engineering / Aeronautics) the orientation of an aircraft’s axes in relation to some plane, esp the horizontal See also axis1 [1]
6. (Astronautics) the orientation of a spacecraft in relation to its direction of motion
7. (Performing Arts / Ballet) Ballet a classical position in which the body is upright and one leg raised and bent behind

[from French, from Italian attitudine disposition, from Late Latin aptitudo fitness, from Latin aptus apt]
attitudinal  adj

Dis baie eenvoudig. As jy horisontaal vlieg, bly jy op dieselfde hoogte. As jou houding aanhoudend afwaarts neig, soek hulle binnekort jou “black box”. 

Maar as jy jou neus selfs net 1 graad boontoe wys gaan jy klim en klim.

Daar is natuurlik verdere sap uit hierdie ene te druk. My pa het my altyd aangemaan oor my skouers, wat nogal die neiging het om te hang. Liggaamshouding beïvloed hoe mense my sien, en onwillekeurig hoe ek myself sien. My liggaamstaal praat hard. G’n wonder dat die weermag so hard werk om ‘n klomp slapgat rekrute te laat “houding kry” nie. ‘n Fier en regop postuur laat jou onwillekeurig jou ken lig en die pad voor jou, die horisonne sien.

Hier staan ek aan die begin van 2010. Die laaste jaar het sy teleurstellings gebring, maar ongetwyfeld ook sy geleenthede. 

Vandag moet ek kies wat my houding gaan wees. Dis nie net omdat dit ‘n nuwe jaar is nie. Dis ‘n keuse wat ek elke dag moet maak.

Turbulensie gaan my nie langer laat afspiraal nie.

Vandag maak ek die lugstrome my vriende. My oë moet nog leer om hulle raak te sien. My vlerke moet nog leer om hulle aan te voel. My skelet moet nog hard word en my spiere soepel. 

Maar vlieg gaan ek vlieg. 

Seënwense

The Lord bless you and keep you
The Lord make His face to shine upon you
To shine upon you and be gracious
And be gracious unto you
The Lord bless you and keep you
The Lord make His face to shine upon you
To shine upon you and be gracious
And be gracious unto you
th: 1px; height: 1px; overflow-x: hidden; overflow-y: hidden;”>The Lord lift up the light of his countenance upon you
The Lord lift up the light of his countenance upon you
And give you peace, and give you peace
And give you peace, and give you peace
Amen, Amen, Amen, Amen, Amen, Amen

The Lord bless you and keep you

The Lord make His face to shine upon you

To shine upon you and be gracious

And be gracious unto you

The Lord bless you and keep you

The Lord make His face to shine upon you

To shine upon you and be gracious

And be gracious unto you

The Lord lift up the light of his countenance upon you

The Lord lift up the light of his countenance upon you

And give you peace, and give you peace

And give you peace, and give you peace

Amen, Amen, Amen, Amen, Amen, Amen

Composed by John Rutter, sung by The Choirboys.