Goeie voornemens in die weegskaal

Dwalende deur PC World. Selfs ‘n uitverkoping van top skootrekenaars kan my nie eers vandag inspireer nie. Dwaal ek maar weer daar uit. Miskien koffie in Sainsbury’s. Maar niemand om mee te kuier nie. My lunch break gaan ook nie vir ewig hou nie. Gou-gou ‘n paar skuursponsies koop vir die werk, 12 pennies. Bargain. Te minste kan ek die teevlekke bietjie uit die koppies skuur. Jiggg.

Wat is dit met mense? As dit nie vir mense was nie dan was die paradys….uhhhhmmmm…….wel, ‘n paradys. Dalk vandag nog. Partykeer vereis die omstandighede dat klapperdoppe teen mekaar gekap word maar die arbeidswette kyk vandag nie gerieflikheidshalwe anderpad nie. Word wakker en word groot! Maar dit kan ook nie hardop gesê word nie. Dan maar in my kop mor verdomp.

Wat was my eerste nuwejaarsvoorneme (in jare!) nou weer?  (Bly positief.) Ga! Humf!

Miskien die tweede voorneme dan? (Word ‘n kenner van real ale.) Oeps, nog te veel maand oor aan die einde van die salaris…en nou kan ek nie eers die baas vir ‘n verhoging vra nie. Want ek werk vir ‘n harde baas. (Myselwers.)

Dan maar ieder gaan slaap. Beste raad.

Dalk lyk dinge beter in die daglig.

Of dalk nie. Moet môre weer gaan werk.

Ouuuu…..kei.

Jingle Bells, Jingle Bells, Jingle all the way. Oh what fun….etc, blahblahblah.

Gmf!

Ns. Een blink gedagtetjie: Dalk was dit oorlat daar ‘n blou maan is. Ten minste iets om te blameer. Nou voel ek al klaar beter.

19 thoughts on “Goeie voornemens in die weegskaal

  1. Sterkte. My ondervinding van arbeidswette en unies is ook nie positief nie. Dubbel k middel a spat in sewe windrigtings.

  2. Seker maar die blou maan gewees. Ek het jou nog nooit so kop-onderstebo gesien nie. (Gelees nie?) Sterkte, maat. More kan jy darem wees Ale koop, maar ek vermoed jy sal dit nie nodig he nie. Ek gaan nou dadelik vir my ‘n glasie witwyn skink!

  3. Dankie DK. My probleem is ek ken nie by die werk uitstap en my kop afskakel nie. Dit maal rond en blaas dinge seker ‘n bietjie uit proporsie.

  4. Dankie Joanna. Dis nie in my natuur om wrokkig te wees nie, maar ek kan nogal loop en tob oor dinge. Konflik mergel ‘n mens uit.

  5. Dis bizarre, ek weet. Die lewe gaan aan en skuursponsies moet gekoop word. Maar ek het darem ‘n tjoklit geniet die aand, en hopelik die gepaardgaande gewaande oplewing in die hormone.

  6. Daardie voornemens biggel half wanordelik teen ‘n botterpaal af. Dankie in elk geval Berwick. Miskien moet ek nóg ‘n nag daaroor slaap.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s