My “local”

Die meeste van ons het ‘n paar gunsteling kuierplekkies. Dan is daar die plek waar jy ‘n lafenissie kan gaan geniet, wat hulle hier “my local” noem. Dis nou jou plaaslike pub (public house) waar jy daarop kan staatmaak om ‘n paar van jou pelle raak te loop en lekker saam te kuier.

Flenters gesels hier op my vorige blog oor ‘n onvergeetlike ontmoeting met ‘n bier(e) en ‘n heerlike pasty iewers op Dartmoor by ‘n eeue-oue pub. Nou ja my “local” is die “Fox Inn”, net ‘n kort stappie ver van my huis af, so ek hoef nie bekommerd te wees oor bestuur na die tyd nie. Die besoeke is beperk tot so een of twee maal per maand – dis nie ‘n goedkoop aandjie uit nie…

The Fox Inn

Nou ja ek is nog ‘n groentjie wanneer dit kom by bier, veral real ale, maar ek het ‘n nuwejaarsvoorneme om die onderwerp indringend te bestudeer…  My pastor is ‘n ou Yorkshireman, en hy het my voorgestel aan Landlord. Die regte naam is eintlik

Timothy Taylor Landlord. Nuttige pastor om te hê, want hy’s ‘n ware kenner van real ale.

Ek is een van daardie ouens wat my nuwejaarsvoorneme gaan deurvoer.

Kom wat wil.

Advertisements

5 thoughts on “My “local”

  1. Jou local lyk na ‘n baie lekker kuier plek,Gidivet.Ek is nie ‘n bier of ale drinker nie,maar in die somer sal ek ‘n yskoue cider drink.My ‘choice of poison’ is whisky.Enkelmout.Glenfiddich,Glen Morangie of Glen Livvit

  2. Glenfiddich is baie goed. My pa het dit altyd in die huis gehad nadat ek een jaar vir hom ‘n bottel saamgevat het. Het jy al ‘n distillery besoek? Dis nogal ‘n belewenis – ons was by Glenturret naby Crieff.

  3. Ten spyte van die ideale dink ek nie ek sal so gereeld daar kan uitkom dat almal my naam ken nie. Ook dalk beter so. Beter vir die bankbalans en die lewer.

  4. Ja en dan kry jy nog musiekaande (meestal blues, rock of jazz), kareoki (jiggie), open mike (amper net so erg), die tradisionele pub quiz (nogal altyd ‘n lekker sosiale geleentheid), tema aande hier rondom Kersfees en Nuwe jaar, ens. Dit is beslis ‘n gemeenskap in die kleine. Ek neem egter baie selde deel aan al die goeters. Het immers ‘n gesin om by uit te kom ook na werk.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s