Ietsie oor “Pork Pies”

Tydens kommentaar op my vorige inskrywing het die onderwerp van “pork pies” na vore gekom. Mens kan sommer dadelik agterkom dat hierdie eg Engelse lekkerny mense se opinies erg polariseer. Ja nee, daar is min mense wat van emosie ontdaan hieroor kan redeneer.

Ek hou van hom met lekker baie growwerige vleis, redelik sterk met peper gegeur, en min jellie. Ja dis veral die jellie wat baie mense afsit. Mev Gidi trek haar neus op ‘n plooi wanneer ons pork pies noem, terwyl haar dierbare moeder nie genoeg daarvan kan kry as sy hier kuier nie. (Skies ma, dis vir die dramatiese effek. Ok ek sal dit herskryf.)

Skoonma hou baie van pork pies, en dis een van die eerste dinge waarvoor sy vra as sy hier kom kuier. Maar sy hou matigheid voor oë.

(Klink dit beter ma?)

Nou ja, wat is ‘n “pork pie” wanneer dit by die huis kom? Ek het maar my ou gunsteling, die Wikipedia, gaan raadpleeg vir ‘n definisie:

“Pork pies are a type of meat pie and are traditional British food. They consist of roughly chopped pork and pork jelly sealed in a hot water crust pastry, and are normally eaten cold. They are usually eaten at picnics with ketchup, HP sauce or mustard.”

Hier is ‘n interessante stukkie wat mens maar net weer laat besef hoe uniek die ou eilandjie waar ons woon, nou eintlik is. Waar in die wêreld het mense nog tyd hiervoor:


http://www.porkpieclub.com/modules.php?name=Pie_Club_History&file=howitbegan

As gevolg van hulle gewildheid het pork pies ook hulle weg na die “cockney rhyming slang” gevind:

“Pork pie = Lie”, byvoorbeeld, “Stop tellin’ me porkies!

Nou ja, die mees bekende pork pie is die Melton Mowbray Pork Pie. Dis blykbaar die dorp waar dit sy ontstaan het:

http://cjw.me.uk/a-nice-cup-of-tea-and/melton-mowbray-pork-pie/

Advertisements

17 thoughts on “Ietsie oor “Pork Pies”

  1. Hehehehe,kan sien jy hou van pork pies.Gepraat van cockney rhyming slang,jy weet seker van die reeks ‘Only fools and horses’.Ek het juis nou die dag ‘n foto van ‘n 3 wheel Robin reliant afgeneem,dit was ongelukkig nie piesanggeel soos Delboy se kar nie..hehehe.Was oppad Dover toe,toe daar twee oumense in die VINNIGE baan met hulle 3 wiel motortjie aanskanier.Ek dink die eg-Britse eetding waarvan ek die meeste hou is Yorkshires,ek hou maar verby jellied eels en porkpies..

  2. Ek hou van vark, maar dan liewer as braai chops. Pie’s ? Ek weet nie so lekker altyd wat nou regtig in die pie goed is nie, so ek skip dit meestal.

  3. Thanks – photo of see and photo of ship taken at Cavtat, near Dubrovnik in Croatia last June, and sandwiched together for the header on GIMP (my first attempt at working with layers). I tend to stick with simple stuff, so Picasa is generally good enough.

  4. Uitstekend! Ek het dit nooit eers raakgesien nie. Lyk my die arme varkie se reputasie is gekelder, noudat varkgriep ook nog bygekom het.

  5. Leef en laat leef? Ek stem saam. Gelukkig het ons die geleentheid om te reis, en om ons kinders te leer om vreemde kulture te aanvaar, te leer waardeer, en selfs om die effe andersoortige lekkernye te leer geniet.

  6. So ‘n lekker varktjoppie is darem nie te versmaai nie, solank hy nie te droog braai nie. Die gehalte van varkvleis en -produkte wat hier en in Europa geproduseer word is baie goed, en bied ‘n groot verskeidenheid.

  7. Hallo SpokieWandel. Die jellie help darem dat die vleis nie te droog is nie. Ja die Pork Pie Appreciation Society – vat die koek.

  8. Ja ek gaan geniet hierdie lekkernye sommer hier om die hoek. Daar is nog baie pubs wat “traditional pub grub” aanbied, maar daar is ook ‘n toename in die nuwe sogenaamde “gastro-pubs”, met meer gesofistikeerde spyskaarte. Maar die bier bly koning. Ek sal vir jou my gunsteling real ale oppie blog parkeer.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s