Fudge-so 2

Nou ja mense, die mooi blikkie is leeg, behalwe vir die paar krummeltjies. Die GGBS* het die produk deeglik beproef en waardeer.

Stap 2 is om hom vol te kry met Ingelse gebak en terug te stuur vir ‘n veelsydige vrystaatse fietsvarende versvlytige fugde-so vervaardiger.

Bak-en-brouery is nie in my bloed nie, dus soek ek inspirasie in die plaaslike produkte. Daar is al so ‘n paar dingetjies op my lysie, maar ek weet ook dat mens die meeste Britse produkte in Suid-Afrikaanse winkels kan koop. Toe dag ek ons bloggers kom dalk met ‘n paar goeie idees vorendag.

Watse tipe goed sukkel mense om daar by julle te kry wat eg Engels is?

So ‘n leë blikkie is ‘n hartseer ding…

*Gidivet Gesin Buro van Standaarde

24 thoughts on “Fudge-so 2

  1. Hallo Maryke. Ek neem aan jy bedoel “mince pies”. Ek dink nie dit sal die poswese oorleef nie. Is bietjie bros.

  2. Dis die tragedie van ‘n kunswerk wat in die kombuis vervaardig is – dit verdwyn.Een ding wat Suid Afrika nie reggekry het is die ‘doughnuts’ wat ek graag by Asda in Engeland koop elke keer as ek Ouer Dogter en familie besoek. So lekker!

  3. Tesco’s se Yorkshire pudding mix,Paco se sage and onion stuffing in ‘n boks.Regte rock candy van ‘n swietshop,of daai coke bottle swieties.Hou maar verby die Branston pickle en malt vinegar,verpes daai twee items,Modderman vrek daaroor.Daar is soveel goed wat jy kan stuur,soos lekker skotse brosbrood,maar dit sal nooit die reis oorleef nie.

  4. Die tee is ‘n goeie idee Kammakazi.Goeie ou English breakfast tea tot lekker spesialiteits tees word hier in gewone winkels verkoop.

  5. Pork pies..ek weet ek moenie sê uuurgh vir kos nie,maar ek het nou die dag een happie gevat,en dit was genoeg om my vir altyd aftesit.Mens kry twee soorte,die wat net ‘n vleisie binne het,en dan die wat ‘n vleisie BINNE in so ‘n gross jellie bedryf het :0(

  6. Is regtig so Therina..party van daai pork pies is die vleisie BINNE IN so ‘n gross jellie,en dan bo oor dit kom die degie omhulsel,hehehe,ek lag nou vir myself soos ek teruglees.lol

  7. Daar is pork pies en pork pies. Ek hou nogal daarvan, veral met heelwat peper. Die opinies is verdeel oor die hoeveelheid jellie om daarin te sit.Sal dalk nog ietsie blog hieroor.

  8. Hallo therina – ja ek hou ook van pork pies. Mev Gidi is weer niks lief daarvoor nie. Opinies is definitief verdeel hieroor.

Leave a Reply to modderkoekie Cancel reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s