selfoon as rekenaar 2

Dankie aan die wat gereageer het op my vraag oor blog op die selfoon. Die antwoorde bevestig my vermoede dat heelwat van ons dit al probeer het, en gevind het dat blogs lees heel goed werk, en selfs kommentaar tik nie te veel inspanning vereis nie, maar wanneer dit kom by die eintlike blog inskrywing bly rekenaar koning.

Dink net: my skoonpa het op rekenaars begin werk wat ‘n kamer volgestaan het. My eerste rekenaar het 20 megabyte se hardeskyfspasie gehad en ‘n monochroomskerm. In 1990 moes ek met ‘n selfoon rondloop wat meer as ‘n kilogram geweeg het. Maar toe was dit fantasties om te dink jy kan ‘n foon met jou saamneem waar jy wil.

Vandag se slim fone is voorwaar alles wat rekenaars ‘n paar jaar gelede was, en dit pas in jou sak. Verbysterend.
Die foon in my sak het ‘n vinniger blikbrein as my ouerige rekenaar wat in die hoek staan en stof opgaar.
Ek dra musiek, videos, internettoegang en ‘n volledige kommunikasietoestel met my saam.
‘n Paar jaar gelede het Skype op selfone moontlik geraak en kon ek sommer in die straat loop en gratis met my vriend in Bolivia praat. Skoolkinders beskou al die selfoon as ‘n persoonlike reg en noodsaaklikheid. SMS, e-pos, Facebook, Twitter en Youtube op jou foon bring jou met die wêreld in aanraking soos nooit vantevore nie.

Nou bly daar net een vraag: het al hierdie tegnologie van ons beter kommunikeerders gemaak, of het dit ons juis afgestomp?

10 thoughts on “selfoon as rekenaar 2

  1. Ek hoop dat Letterdash binnekort met Microsoft word sal integreer of kommunikeer. Ek blog my ‘wordpress’ blogs vanaf my ‘microsoft word’ = wat ‘n plesier! My vriendin wat gereeld kuier op my blog sukkel ook maar om opmerkings te maak vanaf haar foon.

  2. Kammakazi, interessant genoeg het ‘n onlangse Britse studie bewys dat kinders wat “text-language” gebruik, beter taal-ontwikkeld is as die wat dit nie doen nie. Dis blykbaar omdat hulle juis kreatief moet dink om betekenis weer te gee met afkortings en dies meer.

  3. Ek is saam met baie ander frustreerd dat Letterdash hulle eie sisteem ontwikkel het in plaas van om ‘n bestaande stelsel toe te eien. Ons kon net so maklik ‘n subgroep van WordPress geword het, en op die manier sommer Afrikaanse bloggers baie meer bekend gemaak het internasionaal. Veral die wat in Engels blog. Ek het self ook al dikwels oorweeg om na WordPress oor te skakel. Maar daar is ook darem iets soos lojaliteit en eksklusiwiteit. Terloops, ek skryf baie maal my blogs in Notepad en kopieer dit dan oor in die Litnet sagteware.

  4. My belangstelling in tegnologie is baie selektief. Jy sal my byvoorbeeld niks kan vra oor televisies nie. Sedert ons getroud is het ons nooit ‘n televisie gehad nie, behalwe in reeds gemeubeleerde huurhuise, of die laaste paar jaar met die kinders. Die huidige TV is aan ‘n Wii gekoppel, maar ons lugdraad is al meer as ‘n jaar lank stukkend.

  5. Maankind jy het ‘n punt beet maar ek wil duiwel se advokaat speel: allerhande nuwe vaardighede vervang die ou vaardighede. Daar vind ‘n groot verskuiwing plaas, wat nie noodwendig reg of verkeerd is nie.

  6. Dis ‘n interessante vraag wat jy vra, Gidi. As mens kyk na sms taal wonder ‘n mens…. Maar dat ons makliker met meer mense kommunikeer, dis waar. Oor die kwaliteit van die kommunikasie kan ons lang gesprekke he.

  7. Dis ‘n interessante vraag wat jy vra, Gidi. As mens kyk na sms taal wonder ‘n mens…. Maar dat ons makliker met meer mense kommunikeer, dis waar. Oor die kwaliteit van die kommunikasie kan ons lang gesprekke he.

  8. Ek’s glad nie verbaas nie, Gidi! Nuwe goed word gewoonlik eers afgekraak voor dit algemeen aanvaar en later ‘n noodsaaklikheid word. Dink maar aan die destydse neerhalende grappies oor die eerste selfoonverbruikers!

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s