Hoe om ‘n foto of album uit Picasa Web Albums te blog.

Iemand het my gevra hoe ek my foto’s blog uit Picasa Web.

Hier is een manier:

1a. Teken in op jou Picasa Web en kies die album of foto wat jy wil plaas. Vir ons voorbeeld kies ek ‘n album, naamlik die eende uit my vorige inskrywing.

1b. Aan die regterkant kliek jy op “Link to this album”.

2. As jy op “Link to this album” kliek maak die boksie só oop:

3. Kliek op “Embed Slideshow”.

4. ‘n Nuwe venstertjie genaamd “Slideshow options” maak oop. Kliek “Select slideshow size”. Ek kies gewoonlik “large 400px”

5. Laer af in “Embed Slideshow” kliek in die boksie en die inhoud (html kode) word outomaties geselekteer. As dit nie gebeur nie tik “Ctrl+A” of regs kliek en “select all”. Daarna “Ctrl+X” of regs kliek en CUT.

6. Gaan dan na jou oop blog venster, waar jy besig is om die blog te skep. Maak seker jou cursor is op die regte plek in die teks waar jy jou slideshow will embed. Dan kliek jy aan die regterkant op “HTML”.

7. Die HTML Source Editor maak oop. Kies die plek waar jy die kode wil paste en tik “Ctrl+V” of regs kliek en paste.

8. Onder links in die Source Editor kliek op “Update”.


En siedaar, jou skuifievertoning is geplaas. Jy moet gewoonlik ‘n paar sekondes wag vir die prentjies om in jou blog te verskyn.

Advertisements

7 thoughts on “Hoe om ‘n foto of album uit Picasa Web Albums te blog.

  1. Wonderlik…ek het nog nooit ‘n skyfievertoning probeer laai nie, maar nou gaan ek definitief …baie dankie, Gidi!!

  2. Dankie Gidi, as ek weer op Graaff-Reinet is gaan ek probeer. Ek kan darem daar ook jou foto’s kyk…dis net, mens gaan gewoonlik daarheen omdat jy baie besigheid het om te doen. Dis maar moeilik om ‘n blogtydjie en ‘n blogplekkie te kry.

  3. Ai Joanna, so baie om te doen in so ‘n kort tydjie. Laat my dink aan my ouers wat altyd Vrydagmiddae dorp toe gegaan het om besigheid te doen en my sussie by die koshuis op te laai. Daar was altyd ‘n baie strawwe roetine om te volg om al die draaie te kry.Sterkte met al jou projekte.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s