Ons hou uit

Jammer oor ek so skaars is. Baie besig met twee studente wie se portefeuljes klaar gemaak, gemerk en ingehandig moet word teen Dinsdag. Die volgende paar dae is een lang tutorial tussen die ander werk deur.

Ek mis julle almal, binnekort vat ek ‘n paar dae af by die werk en kom weer by. Ek het dit darem reggeky om by ezile se (virtuele) partytjie in te loer en die laaste koekkrummels uit die bord te red, en op die koop toe ‘n knertsie lukwartmampoer geskôr.

Intussen word vrede en vreugde julle toegewens.

23 thoughts on “Ons hou uit

  1. ek het sopas ‘n springbokboud in die oond gesit vir oom Pieter in Bloemfontein. 8:00 val ek in die pad, ek bere vir jou ‘n stukkie en ‘n gebakter aartappel

  2. Ons mis jou hierrond!Ook maar te besig diekant. Dis mos skoolvakansie – nog net een week en die tyd vlieg.

  3. Bly om jou weer op die blog te kry! Ek het ook nou die dag vir die eerste keer by ‘n medeblogger gekuier en dit was ‘n lekker ondervinding.

  4. Dankie Klarisabet, jou belangstelling word waardeer. Daar gebeur so baie nuwe dinge by die werk, meestal alles positief. Mettertyd dalk blogmateriaal. Seën vir jou.

  5. Zeppie ek’s maar hier rond. Maar dis lekker om nie in te gaan werk toe nie. Dankie vir die inloer.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s