Weer eens Kersfees

Ek het maar my depressiewe blog en houding oor Kersfees geskrap. Nou begin ons weer oor.
Môre eet ons ‘n ietsie saam by die werk en doen die “Secret Santa” ding. Almal het ‘n naam uit ‘n hoed getrek en ‘n klein ietsie gekoop.

Ons nuwe Kubaan is oulik – interessant dat ons tydgenote en voorsate mekaar deur ‘n geweer se teleskoop betrag het. Vandag kyk ons in dieselfde rigting deur die objektiewe van ‘n mikroskoop.

Vrede op aarde.

9 thoughts on “Weer eens Kersfees

  1. Geniet die viering more! Ons werksete was baie gesellig en ek het ‘n baie oulike secret santa geskenk gekry – ‘n waterstones book token, wat ek beslis kan gebruik.

  2. Ja, Gidi, gelukkig verander ons uitkyke en ons oordele darem van tyd tot tyd. En gelukkig is party van ons oop genoeg om met nuwe oe te kyk. Wat Kersfees aanbetref…mag dit vir jou en jou gesinnetjie ‘n heerlike tyd van samesyn wees. Make memories. (Hulle is soos rusplekkies waarheen ons kinders kan terugkeer in tye van nood om asem te skep.)

  3. Gidivet vir Krismis depressie help net een ding vir my: Die Pogues se Fairytale of New York. Dis SO bitter en droog mens MOET net lag! Dit was my oorlewingsmeganisme my Kersfees alleen in Londen. Hoop die Feesgees vang ook vir jou 🙂

  4. Dankie Lorinda. My secret santa present was tjoklits….en die lekkerte om my mense by die werk gelukkig te sien. Ek en my vrou praat vandag oor Waterstones: ons kan nie lekker besluit hoekom Waterstones anders is as die ander boekwinkels nie. Maar dit werk net doodeenvoudig. My twee seuns lê op hulle mage en lees en niemand pla hulle nie. Agter hulle rug koop hulle ma die boeke vir hulle as kersfeespresente.

  5. Jou Avatar sou so lekker op die walle van die Sandrivier gepas het. Ek is bly jy het die depro bui oorkom en hoop dat “Secret Santa” vir jou plesier gebring het.

Leave a comment