12 thoughts on “Linux

  1. Vlapoeier, Mint het mos maar Ubuntu onder die enjinkap. Ek hou van die kleurskema, dis hoekom. Nie so mal oor die tjoklit van Ubuntu nie.

  2. Ek het linux redhat 7.3 altyd support, gatvol vir linux om eerlik te wees. Het allerande flavours probeer by huis, maar dis ‘n gesukkel om net ‘n ou eenvoudige .avi te speel. Koebaai Linux, good riddance, miskien as hulle meer gebruikers vriendelik raak en deur die bank alles support wat MS kan doen sal ek weer daarna loer, my games is ook ‘n helse probleem wat prioriteit vat. As ek net internet gebruik het en niks anders, sou ek Linux sonder twyfel laai, maar nee, ek is net nie lus vir sukkel, het genoeg pc probleme elke dag van my lewe 🙂

  3. Shongo jy weet heel moontlik meer as ek, en daar was al genoeg frustrasie vir my ook. Ek sukkel nie om .avi files te speel op linux nie, en speel nie baie games nie. Dus werk dit heel goed. Ek het basies in die begin gespeel met linux en probeer leer. Nou het ek ‘n klomp ou rekenaars in die huis, en ‘n laptop wat nie meer wil werk met XP nie en linux is die enigste uitweg. En dit werk ok. By die werk het hulle Vista ingebring op die nuwe masjiene en so ver het ek nog geen redes tot klagtes nie. Al die doom en gloom stories het nog nie gerealiseer nie.

  4. Al hoekom ek nog ‘n pc op Linux hou is om nie agter te raak nie. (Redhat) Soos shongololo sê, ek’s nie meer lus vir die gesukkel nie.

  5. Middagsê,ek sou graag wou help, maar weet nie wat dit is wat julle hier van praat nie.Ek kan omtrent net die aanknop druk en tik met my een vinger. he he

  6. Ludwig – ek is baie besig. Maar dis beter as om niks te hê om te doen nie. Ek was ‘n paar weke terug in Edinburgh. Sif nog deur my foto’s. Ek sal dalk die goed in Flickr sit en ‘n klein stukkie in die blog.

  7. Lou – soos ek sê, ek lees nog die blogs maar die stories vloei nie op die oomblik nie. Ons werk lang ure. Dis baie opwindend, en terselfertyd soms skrikwekkend om jou eie besigheid te hê.

  8. Mense, daar is heelwat vordering met die linux projek in die laaste 12 maande. Gryp ‘n ou rekenaar wat nie meer so lekker met XP of Vista oor die weg kan kom nie, en installeer Mandriva 2009 of Linux Mint. Jy sal verbaas wees hoe eenvoudig en funksioneel dit deesdae is. Windows is ok as dit al is waaraan jy gewoond is. Linux het nog ‘n pad om te loop, daaroor het ek nie illusies nie. Maar moet nie dat die verlede se ervarings jou vandag keer om iets nuuts te probeer nie. Dalk kan daardie ou vergete rekenaar ‘n bietjie weer sy kant bring, veral in ons huidige ekonomiese klimaat.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s