2008_09_20 Felpham Strand

[Image from gidivet]

Die afgelope paar dae het ons ideale weer gehad hier in Felpham: sonnig, ~20 C en amper windstil.  Ons was amper elke middag dié week by die strand. Hierdie paar foto’s is Saterdag middag geneem. Die seuns het behoorlik baljaar. Ek hoor Suid-Afrikaners bibber bietjie vandag. Ek is sooooo jammer….

17 thoughts on “2008_09_20 Felpham Strand

  1. GidivetSjoe maar dit is mooi fotos, ek het nie geweet julle see lyk so daar nie. Dis bitter koud hier by ons en ek sal nie dit waag om kaalarms te loop nie. Dankie vir die fotos, is dit jou kinders?

  2. Kaapstad het darem nou vir twee dae nie reen nie. Toevallig val dit saam met ‘n baie groot lugskou. Wonder hoe die organiseerders dit reggekry het ?Dankie dat jy by my klein ondersteunersgroepie aangesluit het.Andre’

  3. Ruby, ja dis myne. Hulle ma is weg die naweek om gou ‘n huis vir huurders reg te kry en ek moet sorg dat hulle darem vars lug kry so tussen die rekenaar en die Wii. Weet jy, die see is elke dag anders. As die son hier skyn is dit wonderlik.

  4. Monika H. Baie dankie vir die pragtige gedig op jou blog. Ons is hier uit eie keuse en kan nie kla oor die weer soos die “locals” nie. Ons kla ook meestal nie. En ons weet hoe om die goeie weer te waardeer. Deesdae is die verlange darem getemper deur die blogs, die telefone wat nou goedkoper as ooit is, en die kans om so nou en dan Suid-Afrika toe te vlieg. Eendag wil ek nog al die ver paaie in SA gaan ry met my gesin. Hulle het darem vanjaar die Wildtuin gesien.

  5. A S.Kamer/André jy’s hartlik welkom. So onthou ek die Kaap. Nes jy dink die slegte weer gaan nooit ophou nie, dan kom sê die son hoezit, en jy vergewe alles. Weet jy, een ding wat mens nie in ‘n foto kan saambring nie, is die geur van ‘n plek. Dit moet jou verbeelding doen.

  6. Hallo Silwer, en aangename kennis. Ek het jou blog gaan lees. My kinders is ‘n paar jaar agter joune. Oudste het so pas hoërskool toe gegaan. Jongste vind dit bietjie swaar in die junior skool waar sy ouboet nie meer by is om vir hom te skerm nie.

  7. Nee shit. Lyk my jy was al te lank uit Suid-Afrika. Jy se dis 20 C en julle is amper elke dag by die strand. Ek merk darem die winter klere. Hier is dit mos baie koud as dit net 20 C is. Waar is die sand op julle strand? Nee fok. Ek bly eerder hier waar ons warmer weer het en mooier strande.Ons vertrek die week op vakansie na Hermanus vir die Walvis Fees.Gaan so deur die tuin roete ry. Ek is sooooo jammer…….

  8. Bobbejaan, jy’s natuurlik ook reg. Suid-Afrikaners sien dadelik die gebrek aan sand raak. My ma bly net verder aan op die tuinroete – Jongensfontein. Toe ons in Junie/Julie daar was het ons ‘n walvis sien speel, pragtig, en baie dolfyne. Die 20 C is baie aangenaam as dit windstil is. In die wind raak dit onplesierig. Hier in die lente en herfs is die lug blou, terwyl die lug deinserig word in die somer. Enige iets warmer as 25 C word ‘n bietjie te ongemaklik weens die humiditeit. Ja, ek bly seker al te lankal hier…

  9. Moet se, toe ek in Brighton gebly het, kon ek my altyd verkyk hoe die mense so tussen die klippers baljaar! Hoop jou outjies het darem al ‘n sanderige strand in SA beleef? Ek hoop die Indian Summer hou darem nog so rukkie! Goed gaan!

  10. Prinses, my kinders het gelukkig al op sanderige strande in Suid-Afrika gespeel. Ons almal hoop die lekker weer hou nog bietjie langer aan. Die somer het geskitter in sy afwesigheid vanjaar.

Leave a reply to gidivet Cancel reply