Hoe ek die hyperlink ding doen

Die instruksies hieronder word verder geïllustreer deur ‘n reeks “screenshots”. 
Jammer oor die gemiekste taal.

Hier is ek besig ‘n blog te skep. Ek wil graag ‘n skakel (link) insit na ‘n artikel oor windpompe. Hierdie metode werk vir my, maar ek is seker daar is variasies moontlik. Eerstens skryf ek die teks van die artikel. Dan plaas ek my cursor waar ek die link wil hê, byvoorbeeld:

Kliek hier om ‘n artikel oor windpompe te sien.

Jy sal sien (kliek op die prentjies) daar is reeds ‘n “tag” oop in my Firefox browser met die artikel “1920’s Water – Windmills” (bo regs op die skerm). Maak seker jy gaan na die tag (of ‘n ander browser venster met die webblad) en copy die URL (adres) bo-aan die webbladsy – dis die link wat jy nodig het. Gaan dan terug na jou blog en kliek op die “hyperlink manager” ikoon bo-aan jou boodskap. (of doen CTRL+K). Dan sien jy die blou blokkie wat ek hier bo regs geplaas het. Plaas jou cursor in die URL veld en delete die “http://” Dan doen jy CTRL+V of right click/paste om die link in die blokkie te plaas. In die veld “Link Text” tik jy die link/sleutel woord. Ons woord is “hier”.
Kliek OK, en die woord verskyn as ‘n hyperlink in jou blog. As jy die cursor op die regte plek geplaas het voor jy in die hyperlink manager ingegaan het sal die woord op die regte plek in jou teks verskyn. Byvoorbeeld:

Kliek hier om ‘n artikel oor windpompe te sien.

Anders kan jy die link copy en paste in die regte plek in.

Hier volg ‘n reeks screenshots wat ek geneem het om die proses te illustreer. Kliek op elkeen in volgorde om die prentjie groter te maak. Kliek op “all sizes” en kies die “original image” en kliek “view”. Die prentjie kan selfs groter gemaak word deur die cursor oor dit te laat beweeg tot ‘n vergrootglas met ‘n “plus” teken verskyn en weer te kliek. As jy op die albumbladsy met die foto’s is kan jy ook die links en regs pyltjies gebruik om deur die verskillende foto’s te blaai.

Ek hoop dis nou glashelder.    Hehehehehehehehe…..
O ja, as iemand my dalk na ‘n webblad kan verwys met al die vertalings vir Engelse internet terminologie sal ek bly wees. Dan kan ek my blog bietjie “suiwer”.

6 thoughts on “Hoe ek die hyperlink ding doen

  1. RE: Hi gidivet…ek sien ek is op 24.com se algehele top5 kommentaar, toe trek ek maar net my blink suit weer aan vir die kiekies, sien? hahahaha, dis snaaks hoe baie mense saamlag en kuier hier op die blogs, ek geniet my gate uit…raak net moeilik om perspektief te hou tussen die regte lewe en hierso, mens raak maklik verdiep en verlore vir ure aan een hierso!

  2. Krokodil – op ‘n stadium het ek die ou goed versamel, nou probeer ek bietjie uitgooi. Maar my pa se ou Rollei sal in die familie bly.Kazi – jy’t jou prys verdien. En dankie vir die inloer.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s