Liz het mos gevra…

Liz het gevra…

“Wat doen jy in die real life? Wanneer jy nie blog nie?
Hoe hou jy jou siel en jou liggaam aanmekaar?
Geniet jy wat jy doen, is jy frustreerd?
Vertel bietjie…”

Wel ek het probeer om bietjie my lewe op te som in die keuses van blog naam en blog titel:

In Afrikaans:
gidivet:   Gee die vet, m.a.w. omie trap die petrol, kom van jou agterent af, doen iets vir ‘n slag.
vetweet:   1. Ek weet nie, laat my weet as jy uitvind.   2. Milde uitdrukking van verbasing, skok en ongeloof.

In Engels:
gidivet:   Lightheaded, vertiginous, sometimes frivolous and lighthearted vet.
vetweet:   The vet knows. (Of baie meer eerlik: The vet doesn’t know half the time.)

Toe ons die dag kwalifiseer het een baie gerespekteerde professor hierdie bom gelos: “I’ve got some bad news for you. Half of what you were taught is untrue. The problem is, we don’t yet know which half.”

Hoe hou ek siel en liggaam aanmekaar? Ek som dit op met: “Stay curious.” Enige werk kan vervelig word as ‘n mens nie aanhou vrae vra nie. Ek geniet meestal wat ek doen, maar natuurlik is daar soms frustrasies. Ek dink dis maar die lewe en nie noodwendig gekoppel aan jou keuse van beroep nie.

Daar word beweer dat diegene wat hulle doelwitte neerskryf dit meer susksesvol sal bereik.
My doel is om vir myself en my gesin geleenthede te skep deur die regte keuses te maak elke dag.
Ek wil leer om meer van ‘n entrepeneur te word.
Ons wil ‘n besigheids- en eiendomsportefeulje bou.
Ons wil ons kinders leer van besigheid.
Ons wil ons passiewe inkomstestroom uitbrei.

Die laaste punt het ek laasweek aan my lyf beleef. Normaalweg is ek baie gesond. Toe is ek skielik in baie ongemak en pyn en moes ‘n paar dae by die werk afneem. As ek nie werk nie verdien ek nie my daaglikse brood nie. As ek nie werk nie moet ek boonop iemand anders betaal om my werk te doen. ‘n Passiewe inkomste sal dinge vergemaklik. Daarom die beleggings.

Wat nou van die meer belangrike dinge in die lewe, soos naasteliefde, humor, medemenslikheid, vriendskap, burgerpligte, morele standaarde, en God.
Wel daaroor hoop ons om mettertyd ook ‘n ietsie te sê.

8 thoughts on “Liz het mos gevra…

  1. Dankie hiervoor.Belegging in eiendomme: hier in Pretoria is ‘n klomp Afrikaanse sakemanne, jong manne, wat in industrieele eiendomme belê het en as jy kon sien hoe sterk hulle beleggings word is dit ongelooflik.Maksimum hure word verhaal op hulle beleggings.Waar is jy nou eintlik? In Pretoria of die United Kingdom?

  2. Ek’s in Engeland. Ek kry dit nie reg om die Pretoria uit die profiel te verwyder nie. Dis in elk geval waar meeste van die skoonfamilie bly.

  3. Hello daar, ek steel tyd op ‘n ander rekenaar, myne wil nie werk nie. Sal weer later kuier, jou uiteensetting is baie goed gestel.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s