Badza

Version 2

Op my foto is ek 10 jaar oud, met ‘n badza oor die skouer. Dis nou ‘n “hoe” of “skoffelpik” as jy dit uit die shona vertaal. My pa het ons aangese om duwweltjies uit te skoffel op die grasperk. By die strandhuis wat pas klaargebou is. Onder wink die see. My uitdrukking spreek boekdele. My pa het my ‘n moerige seun genoem. My ouma was ‘n bietjie meer genadig: “Sy pa se hy’s tog so ‘n moedige kind.”

Nou die dag staan ek weer in die stoorkamer. Ons het gou kom kuier uit Engeland. Die badza is sowaar nog daar. Na my pa se dood is die stoorkamer onverstoord. Die buurman plant ‘n bietjie groente agter in die tuin, maar op die oomblik is daar net brandnetels. Dit het ‘n badza nodig. Hy’s geroes, maar die kop sit nog stewig. Ek wonder wanneer laas het iemand hom gebruik. Dalk was dit nog ek, donkiesjaar gelede.

Vir 18 jaar is ons in Engeland; ‘n halwe leeftyd. Ek hoor nou ‘n nuwe generasie se Afrikaans. Ezile se baldadige blog is ‘n inspirasie.

Dalk moet ek daai badza weer uithaal en hom swaai.

Advertisements

4 thoughts on “Badza

  1. Jou ou doring! Of is dit dalk jou ou duwweltjie? Dalk moet jy die res van die foto ook plaas, met die bonthoedkind langs jou wat darem dapper probeer glimlag. Skryf asb. nog, voor jou pen ook begin roes soos die badza. X

  2. NeilDis maar dieselfde met ons. Die bietjies kuier hier en daar in Suid-Afrika help darem om ‘n mens weer effe op datum te bring. Eish!

  3. Werk was nog nooit lekka nie nê?Ek persoonlik hou meer van gesels as werk. En stories luister en stories vertel daarom geniet ek ook jou blog.Groetnis

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s